O N S   T I E N E R   B E D I E N I N G . . .

 

By REPLIKA wil ons sien dat elke tiener se lewe "Rock!"   Ons wil sien dat ons tieners voluit en energiek lewe. Maar ons besef dat dit net kan gebeur as jong lewens van vroeg af op die Rots, Jesus Christus gebou word!   Onder leiding van Ricus van der Hoven, is die visie van ROCK om te sien dat elke Tiener-lewe Rotsvas geanker is in Christus, en dat elke klein klippie in 'n sterk rots verander.


Dinsdagaande om 19:00 kom al ons Tieners by ons Saal bymekaar vir deelnemende gesprekke, interaksie en 'n geleentheid om ontdekkings te maak vir persoonlike groei en geestelike deurbrake.