D I T  IS  V O L B R I N G

Sondag 04 Feb-25 Mrt 2018


Al ooit gewonder of jy genoeg gedoen het om die guns van God te verdien?

Al ooit gefrons as die Evangelie as “goeie nuus” beskryf word – en gewonder wat daarvan nou eintlik góéd is?

Die dag toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Jesus se oorwinning aan die kruis was volkome ...en Sy volgelinge deel in daardie oorwinning!!! Dit was nooit die bedoeling dat ons Christelike lewe ʼn eindelose spel van ‘Slangetjies en Leertjies’ moes wees waar jy ʼn entjie vorder en dan maar weer teruggly nie! Ons BEGINPUNT is juis hierdie oorwinnende verklaring wat Jesus gemaak het net voordat Hy sy laaste asem uitgeblaas het: “Dit IS Volbring!”

Tog is daar baie “goeie” Christen-mense wat steeds glo dat hulle vir hul eie verlossing verantwoordelik is. Die “Goeie Nuus” was nooit oor wat ons vir God moes DOEN nie, maar wat God vir ons GEDOEN het.

Die “DIT IS VOLBRING!”-veldtog neem jou op ʼn ontdekkingsreis van die volle implikasie van die kruisiging en opstanding van Jesus Christus, en Sy boodskap van onverdiende guns en genade. Kom ontdek die ware goeie nuus van die Evangelie – en die feit dat JY daarby ingesluit is.


Hier’s wat vir REPLiKA voorlê:

  • 8 x Sondae preke: ons begin 4 Feb 2018!
  • 8x Kleingroep byeenkomste (Skop die 2de week in Feb af + 4 Bonus Sessies!)
  • Wonderlike materiaal en leesstof beskikbaar!


Skakel gerus by ʼn Kleingroep in: Registreer Sondae of by die Kantoor of hieronder:


KLEINGROEP REGISTRASIE:


Vir meer info kontak Ryna by ons Kantoor: 017 712 2929 / 084 652 7068

Kom ontdek jou status in Christus!

Vertrou jy sal dit kan meemaak!