Leier Leraar

Etienne Rossouw (Ds)

Ds Etienne is verantwoordelik vir leierskap, visionering en toerusting in die Gemeente. Hy bedien ons reeds sedert 1996 en onder sy bediening het die Gemeente ontwikkel van 'n klein, tradisionele Gemeentetjie tot 'n dinamiese Missionêre Gemeenskaps-Gemeente. Derhalwe dien hy ook as sameroeper van die dorp se Leraarsforum wat weekliks vergader.  

Hy is getroud met Madelé en hulle het twee seuns: Jacques & Francois. 

 

 

Tiener-, Jeug- en Musiekbediening  

Ricus van der Hoven (Ds)

Ds Ricus is sedert 2003 in die Gemeente. Hy neem verantwoordelikheid vir die spesialiteitsbedieninge aan Tieners en Jongmense in ons Gemeenskap asook die gemeenskap.

Ricus hanteer ook die Musiekbediening van die Gemeente.  

Hy is getroud met Yolindi, en hulle seuntjie se naam is Karlo.

 

  


Zoeloe Bediening & Uitreike

Andrew Matsi (Ds)

Ds Andrew was reeds vanaf 2005 as Studente-leraar betrokke by die Gemeente se bediening aan Zoeloe- en Sotho sprekendes in Standerton. In 2008 het hy sy B-Th graad aan Christ Seminary, Polokwane, voltooi. Vanaf Januarie 2009 neem hy verantwoordelikheid vir die voltydse bediening aan die professionele Zoeloe-sprekendes in die Standerton-area en hanteer ons Zoeloe-kampus wat Sondae in die Engelse Laerskool se Saal vergader.

Hy is getroud met Thembi en hulle het drie dogters.



Kinderbediening

Vakant

Ons kinderbediening is tans in die proses om n nuwe voltydse bedieningshoof aan te stel.

Hierdie bediening fokus eksklusief op die bediening van kinders regdeur ons gemeenskap en veral by beide ons Afrikaanse- en Zoeloe-kampusse. Dit het ten doel om ons dissipelskap-proses spesifiek op kinders se vlak aan te bied en te verseker dat Dissipelland die plek word waar kinders elke tree aan Christus Jesus se Heerskap toewy.



Administratiewe Bestuur

Ryna Heyneke

Ryna is die vriendelike stem by ons skakelbord. Sy beman ons Gemeentekantoor op weeksdae tydens kantoorure en staan aan die hoof van al die Gemeentelike administrasie en skakelwerk. Onder haar bekwame hande word alle afsprake, funksies en uitreike gekoördineer, terwyl sy ook al die besprekings en navrae hanteer. Daarby help sy ook met die bestuur van die Gemeente se databasis, statistieke en lidmaatskapprosesse. Sy is getroud met Danie, en hulle het twee volwasse dogters, en twee kleinkinders.

 


Finansiële Bestuur 

Riani Dreyer

Riani staan tans aan die hoof van ons Finanskantoor en hanteer al die finansieel-verwante verantwoordelikhede.

Onder haar bekwame hande word die begroting en boufonds bestuur, bestellings en aankope beheer, terwyl sy ook alle finansiele navrae hanteer. 

Sy is getroud met Tommie en hulle het 'n dogtertjie: Dané. 




Fasiliteitsbestuurder

Jan Liebenberg

Oom Jan neem verantwoordelikheid vir al die fasiliteits-voorbereidings, nie net by ons eie geboue nie, maar ook by die Skoolsale waar ons tans naweke ons Gemeentesamekomste akkommodeer.

Daarby koördineer hy alle instandhouding en batebestuur.

Jan is getroud met Yvonne. Hulle het drie volwasse Seuns, en ses kleinkinders!