W E L K O M
R E P L i K A . . . 'n Gemeente in Standerton wat die hele gemeenskap na die beste van ons vermoë wil dien en mense wil ondersteun om "voluit volgers" van die Here Jesus Christus te word!
"Hoe beter jy Hom leer ken,hoe meer word jy soos Hy. Só kom julle al hoe nader aan die doel waarvoor God julle gemaak het. God het ons gemaak om almal soos Christus te wees." Kol 3:10 (Bdsp)
Kom deel in die Avontuur!!!
"Wel, maak dan Jesus se optrede die patroon van jou lewe: soos Sy lewe skoon en sonder foute was, so moet joune ook wees!" 1 Jhn 3:3 (BDSP)
NUWE OMGEE-GROEP REEKS
'n Geleentheid waarin ons kyk na die moeiliker vrae wat so baie mense oor die lewe én die Here vra!
Kom beleef 'n ruimte...
...waar jy kan veilig voel, kan deelneem, en jou vrae openhartig en sonder veroordeling kan vra;
....waar geen vraag te kompleks, of eenvoudig is nie!
SONDAE WOORD BEDIENING
Ons sien sommer baie daarna uit om 'n opbouende tyd saam met jou rondom die Woord van die Here te spandeer...
- In-Persoon Samekomste: Elke Sondag in Standerton Teatro om 9h15 vir 9h30. Kom voor die tyd en kry 'n heerlike beker filter-koffie voordat jy gaan sit en rustig raak.
- In-persoon byeenkomste in die REPLiKA Saal vanaf 9h30.
- Ons kom vooraf in die Teatro 'Foyer' bymekaar totdat ons Samekoms begin.
- Aanlyn: Ons Woordbediening word direk via YouTube gestroom. Vind hierdie skakel ook op YouTube onder "REPLiKA Standerton".
Na die Samekoms word die Woord-gedeelte van ons Samekoms op verskeie Sosiale Platforms beskikbaar gestel.
Gaan loer gerus op ons...
- REPLiKA App: Beskikbaar via Google Playstore & Apple iStore)
- YouTube: Vind hierdie skakel ook op YouTube onder "REPLiKA Standerton".
- Facebook: Vind ons onder "REPLiKA Gemeente Standerton".
(Agv kopiereg-uitdagings word ons lof- en aanbidding ongelukkig nie gestroom nie.)
AANLYN OPSIES
- Skakel in op ons YouTube Kanaal : REPLiKA Standerton
- Kyk na die Preek-opname via "Facebook" op REPLiKA Gemeente se Facebook Blad.
- Beide die Video- en Klankopname is op die REPLiKA App beskikbaar.
Mag dit bydrae tot kosbare ontmoetingstye met die Here!
REPLiKA SELFOON APP
Hier is 'n video-gids om te help met die nuwe Church Center App wat ons nou gebruik.
Dis net 'n paar klieks met 'n antwoord of twee; so daar is geen stres in dié hele proses.
"Moenie vir een enkele oomblik verslap in julle diens aan die Here nie. Nee, laat die Gees julle met sy krag aan die brand steek sodat julle voluit vir God kan leef. Dien die Here met groot oorgawe."
Rom 12:11 (Bdsp)
"Juis hiervoor is julle ook geroep... sodat julle in Sy voetspore kan volg."
1 Pet 2:21
Rapporteer gerus enige voorstelle op verbeterings by admin@replika.co.za












